Bly op datum met COVID-19: sacoronavirus.co.za

MCademy

mpic-05

Met wetgewing wat van tyd tot tyd verander en nuwe eiendomsagente wat die eiendomsmark daagliks betree was dit duidelik dat daar ‘n behoefte vir deurlopende opleiding in die eiendomsbedryf is.

Tiaan (M.C.) van der Berg het die inisiatief geneem om 'n opleidingsfasiliteit te skep wat spesifiek op eiendomsagente gerig is en wat aangebied word deur ‘n professionele prokureursspan. Agente word dus op ‘n gereelde basis persoonlik uitgenooi na opleidingsessies waar hulle nuttige inligting met betrekking tot die eiendomsmark en nuwe wetgewing ontvang.

Die opleiding is van kardinale belang vir eiendomsagente aangesien dit die agent bemagtig met die nodige kennis om uitstedekende diens aan die koper en verkoper te lewer en ‘n suksesvolle koopkontrak te sluit.

As u 'n eiendomsagent is en graag hierdie gratis opleidingsessies wil bywoon, kontak ons gerus by 012 660 6000 en gesels met een van ons bemarkingskonsultante.