Bly op datum met COVID-19: sacoronavirus.co.za
M.C. van der Berg Incorporated |

Tuis

Welkom

Op 1 September 1999 open M.C. (Tiaan) van der Berg 'n klein eenmanregspraktyk in Sunnyside, Pretoria, in die raadsaal van die kantoor van sy kollega en vriend, Werner Prinsloo.

Op dieselfde dag begin Tiaan se loopbaan van ses jaar as senior dosent aan die Universiteit van Pretoria (Tuks) waar hy onderrig gee in regsvakke soos Aktes en Notariële praktyk, Privaatreg, asook Alternatiewe Geskilbeslegting. Hierdie sterk akademiese agtergrond in onder andere eiendomsreg voorsien Tiaan van die nodige vaardighede om M.C. van der Berg Ingelyf op te bou tot een van die mees gerespekteerde aktepraktyke in Pretoria.

Gedurende 2004 sluit Sonja du Toit by die firma aan as professionele assistent, en sy is tans mede–direkteur van die firma. Sonja, wat beide haar grade cum laude geslaag en met die hoogste louere weggestap het, dra baie addisionele intellektuele kapasiteit tot die firma by.

Nicole Alberts is werksaam by die firma sedert 2007 en is aangestel as direkteur op 1 Januarie 2018. Ramona Michael is werksaam by die firma sedert 2015 en is aangestel as direkteur op 1 Januarie 2018.

M.C. van der Berg Ingelyf se visie was uit die staanspoor om nie net waardegedrewe te wees nie, maar ook om uniek te wees in elke sin van die woord.

As kernwaarde pas ons graag die beginsel dat 'alle mense saak maak' toe, of soos die Duitse filosoof Immanuel Kant gesê het: 'Mense is nooit die middel tot 'n doel nie, maar altyd die doel opsigself'. Ons pas hierdie beginsel toe op al ons kliënte, ons diensverskaffers, ons personeel en hul gesinne. Ons gee aan elke kliënt persoonlike aandag en erkenning aangesien dit een van die kernwaardes is wat ons nastreef.

Die hoeksteen van ons sukses is deeglike en gereelde terugvoering van gekontekstualiseerde inligting, toeganklikheid en die tydige aanvra van inligting. Verder glo ons ons sukses is te wyte aan ons professionele benadering en deeglike kennis van die nuutste verwikkelinge op die terrein van eiendomsreg terwyl ons nooit die oorvloedige genade wat ons ontvang vergeet nie.

Ons nooi u uit om ons die geleentheid te bied om u te verras met 'n uitsonderlike prokureur-kliënt-ervaring.

Ons sien uit daarna om u te ontmoet oor 'n koppie van die beste koffie in die dorp!