Bly op datum met COVID-19: sacoronavirus.co.za

Waarom gebruik maak van M.C. van der Berg Ingelyf?

M.C. van der Berg Ingelyf is ‘n goed gevestigde regsfirma wat sedert 1999 spesialiseer in aktevervaardiging en eiendomsreg.

Ons is ‘n dinamiese en positiewe span wat glo “mense maak saak “. Ons streef daarna om elkeen van ons kliënte te voorsien van buitengewone diens gefokus op u behoeftes.

Die belangrikste aspek van ons mandaat is die spoedige en effektiewe oordrag van u eiendom. Terselfdertyd onderneem ons om proaktief inligting aan u te verskaf. Al ons versoeke word duidelik en ondubbelsinnig aan ons kliënte oorgedra. Ons onderneem om u e–pos navrae en telefoonoproepe binne 24 uur te beantwoord . Een van ons prokureurs is altyd beskikbaar om u by te staan in die taal van u keuse. Verrekening en die betaling van die opbrengs van u transaksie vind op die laatste binne 48 uur na registrasie plaas.

Ons hoofkantoor is ‘n baken in Centurion en is maklik bereikbaar vanaf Pretoria, Midrand en Johannesburg. Ons kantore in die ooste van Pretoria is gerieflik geleë vir ons kliënte daar. Ons het ook 'n kantoor in Midstream vir die gerief van ons Midstream kliënte.

Ons bied u ‘n gratis konsultasie waartydens u u aanbod of kontrak met ons kan bespreek.