Bly op datum met COVID-19: sacoronavirus.co.za

MCares

Ons ondersteun Huis Remme-Los, ‘n selfsorgsentrum in Germiston waar agt persone woon wat om verskeie hartseer redes almal kwadrupleë is. Die tehuis ontvang weinig staatshulp en dit is vir ons ‘n groot voorreg om hulle finansieel en emosioneel by te staan. Ons firma se vriendskap met die bekende sanger Mathys Roets (wat ook rolstoel gebonde is) asook sy en Tiaan se gedeelde passie vir motorfietse het gelei tot betrokkenheid by Quads 4 Quads, ‘n jaarlikse fondsinsamelingsprojek, en daarna tot betrokkenheid by Huis Remme-Los.

Ons en Louis Greyling van Greyling Motors borg vanaf 2012 jaarliks die eindjaar funksie van Huis Remme-Los by hul huis in Germiston. Die funksies word bygewoon deur die personeel van Huis Remme-Los, hul agt inwoners en nabye vriende in die buurt. Die doel van hierdie jaareindfunksie is nie net om die inwoners van Huis Remme-los te ondersteun nie maar ook om erkenning te gee aan die versorgers waarvan die inwoners afhanklik is vir die vervulling van die mees basiese lewensfunksies.

Die inwoners van Huis Remme-los is ‘n ware inspirasie vir ons!